#RekUit by ‘n atkv-oord 2026
Beste ATKV-gas
ATKV-Oorde wil jou vakansie-ervaring met ons nuwe, aangepaste depositobeleid vergemaklik. Dié beleid is spesifiek daarop gemik om ons gaste te help om deposito’s te beplan en betaal en sodoende druk op hul kontantvloei te verminder. Gaste kan uitsien na ’n geriefliker manier van besprekings doen.
Die nuwe depositobeleid maak wegbreek nóg makliker en dien as ’n toelaag vir besprekings wat langer as drie maande/90 dae vooruit gemaak word. Ons wil asseblief versoek dat ons gaste kennis neem van die onderstaande depositotabel:
|
Deposito (48 uur) |
DEPOSITOSKEDULE |
|||
|
Maande |
% deposito |
210 dae voor aankoms |
90 dae voor aankoms |
30 dae voor aankoms |
|
>12 |
10% |
15% |
25% |
50% |
|
12 |
10% |
15% |
25% |
50% |
|
11 |
10% |
15% |
25% |
50% |
|
10 |
10% |
15% |
25% |
50% |
|
9 |
10% |
15% |
25% |
50% |
|
8 |
10% |
15% |
25% |
50% |
|
7 |
25% |
0% |
25% |
50% |
|
6 |
25% |
0% |
25% |
50% |
|
5 |
25% |
0% |
25% |
50% |
|
4 |
25% |
0% |
25% |
50% |
In ’n neutedop:
• Die huidige beleid is steeds van toepassing op besprekings met ’n aankomsdatum van minder as drie maande vooruit.
• Vir besprekings met ’n aankomsdatum van vier tot sewe maande vooruit word ’n aanvanklike deposito van 25% binne 48 uur, die volgende 25% drie maande voor aankoms, en die oorblywende 50% een maand voor aankoms vereis, soos deur die huidige beleid voorgeskryf.
• Vir besprekings met ’n aankomsdatum van agt maande en langer vooruit word ’n aanvanklike deposito van 10% binne 48 uur, ’n verdere 15% sewe maande voor aankoms, die volgende 25% drie maande voor aankoms en die oorblywende 50% een maand voor aankoms vereis, soos deur die huidige beleid voorgeskryf.
Neem ook asseblief kennis dat jy jou bespreking sal verbeur indien jy nie op die spesifieke depositodatums betaal nie. Die aangepaste depositobeleid is geldig vir besprekings gemaak tot 28 Februarie 2028.
Waarvoor wag jy? Kom #RekUit by ’n ATKV-oord en betaal jou bespreking oor ’n langer tydperk af.
Vriendelike groete