ATKV-OORDE | WEN JOU VAKANSIE TERUG!
1. Die promotor
Die promotor van die kompetisie is ATKV-Sake (RF) (Edms) BPK.
Kontak: 011 919 9092; besprekings@atkv.org.za; Surreylaan 348, Ferndale, Randburg, 2194.
2. Kompetisietydperk
Die kompetisie open op 25 November 2026 om 00:00 en sluit op 3 Desember 2026 om 23:59, Suid-Afrikaanse standaardtyd.
Besprekings wat buite hierdie tydperk gemaak word, kwalifiseer nie. Besprekings is ook onderhewig aan ons standaard-bepalings en -voorwaardes soos beskikbaar by https://www.atkvoorde.co.za/bepalings-en-voorwaardes/.
3. Wie mag deelneem?
Die kompetisie is oop vir natuurlike persone van 18 jaar en ouer wat ’n kwalifiserende bespreking in hul eie naam maak.
4. Hoe kwalifiseer ’n bespreking?
Enige nuwe, bevestigde verblyfbespreking wat gedurende die kompetisietydperk direk by een van die sewe ATKV-oorde gemaak word, kwalifiseer outomaties vir een inskrywing. Dit sluit besprekings teen gewone tariewe én kwalifiserende Swart Vrydag-tariewe in.
Direkte besprekings sluit besprekings op die amptelike ATKV-Oorde-webwerf en besprekings direk by ATKV-Oorde of ’n oord per telefoon of e-pos in. Besprekings deur derdepartyplatforms, reisagente of ander tussengangers kwalifiseer nie.
Die bespreking moet aan ATKV-Oorde se gewone bevestigings- en depositovereistes voldoen.
Bestaande besprekings wat bloot gedurende die kompetisietydperk verander of verskuif word, kwalifiseer nie as nuwe besprekings nie.
Verblyf moet op of voor 28 Februarie 2027 begin.
5. Die prys
Een wenner ontvang die volledige pryspakket:
5.1 Verblyf
Die werklike verblyfkoste van een kwalifiserende verblyfeenheid of kampeerstaanplek, ná enige toepaslike afslag, tot ’n maksimum van R15 000 (BTW ingesluit).
5.2 Brandstof
’n Brandstofgeskenkbewys ter waarde van R1 500.
5.3 Restaurantete
’n Restaurantete vir vier persone ter waarde van hoogstens R1 500.
Die verblyfterugbetaling sluit nie bykomende uitgawes soos etes, aktiwiteite, drankies of ander aankope in nie.
Waar een besprekingsverwysing meer as een eenheid of staanplek insluit, word slegs een eenheid of staanplek vir die verblyfprys in aanmerking geneem.
6. Trekking en bekendmaking
Die trekking vind op 11 Desember 2026 plaas. Vir verdere bepalings en voorwaardes, besoek https://www.atkvoorde.co.za/bepalings-en-voorwaardes/.
7. Algemene bepalings
- Die kompetisie is afsonderlik van die sewe oorde se Black Friday-afslagaanbiedings.
- Elke oord se aanbod het sy eie verblyfdatums, besprekingsvenster, minimumverblyfvereistes, kwalifiserende eenhede en beskikbaarheidsvoorwaardes.
- Geen bepaling beperk enige deelnemer se dwingende statutêre regte nie.
- Die volledige kompetisiebepalings is voor die aanvang van die kompetisie kosteloos beskikbaar by https://www.atkvoorde.co.za/promosies/.
- Aanbiedings is onderhewig aan beskikbaarheid en die toepaslike oord se gepubliseerde bepalings en voorwaardes.