Hiérdie week is dit Toast Coetzer se beurt om sy kampkosmaakgeheime met ons te deel. Toast is geen groentjie as dit by kamp kom nie. Met sy werk as reisredakteur van die tydskrif, Weg! het hy al die uithoeke van Afrika, en veral Suid-Afrika, deurgetrap met sy stapstewels.