Skip to the content

Gee 'n ervaring as 'n geskenk

Wou jy nog altyd iemand spesiaal op vakansie stuur, of bydra tot hul beplande vakansie? Nou kan jy! ATKV-oorde bied jou die geleentheid om vir iemand 'n ervaring wat hulle altyd sal onthou, persent te gee. Ons spog ook nou met ons eie aanlyngeskenkbewyse.

Jy kan nou sommer in die gemak van jou eie huis of kantoor 'n ATKV-oordgeskenkbewys koop en dit aan daardie spesiale persoon stuur. Dit spaar jou die tyd en moeite om winkel toe te gaan. Daar is selfs nog beter nuus – ons gee jou die keuse om hierdie geskenkbewys as ’n verrassing te gee, wat beteken dat ons dit eers aan jou sal deurgee, sodat jy dit self kan verfraai, of jy kan kies dat ons dit sommer tjoeftjaf, direk namens jou aan die spesiale persoon e-pos. Hulle sal dan die geskenkbewys kan gebruik as betaling teenoor hul volgende bespreking by enige van ons sewe oorde.

Om ’n aanlyn geskenkbewys te koop:

Jy kan jou geskenkbewys SLEGS aanlyn koop op ATKV-oorde se webtuiste.

1. Die "Geskenkbewys"-afdeling is bo-aan die bladsy; klik op koepon om die blad oop te maak. 

1

2. Klik op die koop knoppie en kies die bedrag van die geskenkbewys wat jy wil koop. 

2

3. Klik op "Plaas in mandjie".

3

4. Kies die afleweringsmetode:

  • E-pos: Die ontvanger sal outomaties hul aanlyngeskenksbewys met ʼn spesiale boodskap ontvang.

4

5. Kies aan wie die geskenkbewys gestuur moet word.

5

6. Spesifiseer die ontvanger se besonderhede en skryf ‘n boodskap vir hom/ haar (opsioneel).
Spesifiseer (ook) of jy sal wil hê die ontvanger moet weet wat die waarde van die koepon is.
Vul die besonderhede van die persoon wat stuur en die ontvanger se naam in.

6

7. Jy kan voortgaan om te betaal deur jou persoonlike besonderhede en kaartbesonderhede in te vul.

7

8. Jy sal bevestiging van jou betaling per e-pos ontvang.

8

Hoe gebruik ek my aanlyngeskenkbewys:

  1. Jou geskenkbewys sal 'n unieke kode op hê.
  2. Gebruik hierdie unieke kode wanneer jy 'n bespreking wil maak.
  3. Besprekings kan by enige van ons sewe oorde, na aanleiding van beskikbaarheid, gemaak word.
  4. Let asb. daarop dat hierdie kode slegs telefonies of met aankoms by die oord gegee kan word.

Jy kan dus nie hierdie koepon op ons aalynbesprekingsplatform benut nie. 

  1. Hierdie geskenkbewys dien as 'n volle of gedeeltelike betaling van 'n bespreking.

 

Om uit te vind wat die balans van jou geskenkbewys is:

Ons oorde se oulike besprekingsagente sal hier van hulp wees. Gee die geskenkbewys se unieke kode aan die besprekingsagent deur en hy/sy sal die waarde van die bewys vir jou kan bevestig. 

Hoe lank jou geskenkbewys geldig is:

Jou geskenkbewys is vir drie jaar vanaf die aankoopdatum geldig.

 

Waarvoor jy jou geskenkbewys kan gebruik:

Hoewel geskenkbewyse tans net ’n geldwaarde vir besprekings by een van ons sewe oorde bevat, beplan ons om jou in die nabye toekoms met spabehandelings, Koswerf-koeponne en nog vele meer te bederf. 

 

Betaalopsies:

In die lig van kuberkrakers en ander kuberkwale, wil ons jou graag in kennis stel dat slegs kredietkaarte as betaalmedium aanvaar sal word. Alle transaksies word deur SSL beveilig en jou besonderhede sal nie gestoor word nie.

 

Bepalings en voorwaardes:

  1. Geskenkbewyse moet vir die gespesifiseerde doel daarvan gebruik word. 

Dit is veral van belang vir die toekoms, wanneer meer definitiewe geskenkbewyse, soos geskenkbewyse vir spabehandelings, in werking tree. 

  1. Geskenkbewyse sal as volle of gedeeltelike betaling van ’n produk of diens dien.
  2. Geen kleingeld sal gegee word nie. 

Enige oorblywende saldo sal oorgedra word na ’n geskenkbewys en sal dan vir ’n jaar na die oordragdatum geldig wees. 

  1. Geskenkbewyse kan nie vir kontant geruil word nie. 
  2. ATKV-Sake (Pty) Ltd en The BrandMix sal geen aanspreeklikheid aanvaar vir geskenkbewyse wat verlore raak of gesteel word nie. 

 

Waarvoor wag jy? Aanlyngeskenke was nog nooit so maklik en gerieflik nie. Dis nou die tyd om jou geliefde met daardie langverwagte vakansie te verras, en moet ook nie vergeet om jouself so nou en dan te bederf nie!