Skip to the content

1Tick-stelsel

Die COVID-19-pandemie en die inperking het jou vir maande lank in jou huis en buurt vasgekeer. Danksy die verslapping van regulasies is hierdie uitdaging gelukkig iets van die verlede en kan jy nou jou karavaan haak, jou baaikostuum pak en veilig by jou gunsteling ATKV-oord kom uitspan.

Hoewel jou tassies gepak is, jou wegbreek bespreek is en jy gereed is om die langpad aan te durf, verg die “nuwe normaal” tog ’n nuwe manier van dink en jy kan heel moontlik nie anders as om te wonder hoe dit gaan werk wanneer jy eers by jou bestemming aankom nie.

ATKV-oorde het gelukkig reeds die dinkwerk namens jou gedoen en stel hiermee ons 1Tick digitale intekenstelsel bekend.

Wat is 1Tick?

ATKV-oorde en 1Tick het saamgespan en 1Tick se aanlynvrywaringstelsel in gebruik geneem op ons oorde met die doel om die intekenproses met aankoms te bespoedig en om sosiale tussenruimtes aan te moedig deur kontak met oordpersoneel sover moontlik te beperk.

Hierdie stelsel laat jou toe om jou COVID-19-gesondheidsvraelys, sowel as jou vrywaringsvorm, flink en vinnig te voltooi, wat jou dus tyd en moeite spaar. 

Hoe werk hierdie proses?

Die gas ontvang 48 uur voor aankoms ’n SMS met 'n skakel na 'n digitale vraelys en vrywaringsvorm in sy/haar taalvoorkeur, wat dan aanlyn op ’n rekenaar, selfoon of tablet voltooi kan word.

ʼn Voorbeeld van so ’n SMS:

Watter tipe inligting word van jou verlang?

  1. Persoonlike inligting

    Byvoorbeeld:

  2. Gesondheidsinligting

Byvoorbeeld:

Ek is nie in staat om die vorm aanlyn in te vul nie, hoe nou?

Die vrywaringsboeke, tesame met die gesondheidsvraelys, is oudergewoonte by die oorde beskikbaar om per hand te voltooi.

Dit is vir ons, ATKV-oorde, belangrik dat gesinne in gemak kan kom uitspan na die druk wat COVID-19 veroorsaak het.

Om meer oor ATKV-oorde se gesondheids- en veiligheidsprotokolle te lees, volg gerus hierdie skakel: https://atkvoorde.co.za/covid-19-protokol/

Jy kan nie bekostig om ’n dag langer te wag om jou perfekte gesinsvakansie te bespreek nie.

Wegkom was nog nooit so maklik nie. Kom span rustig en veilig uit saam met jou geliefdes!