Skip to the content

Emile Welman Stel Sprokiesland Se Musiekvideo Bekend

Emile Welman, die voormalige lid van Overtone, Suid-Afrikaanse sanger, komponis en liedjieskrywer wat tans in Kalifornië woon, het onlangs spesiaal teruggekeer na sy geboorteland om ’n Afrikaanse liefdesliedjie op plaaslike bodem te kom uitreik en ’n musiekvideo hier te kom verfilm.

SPROKIESLAND word sedert uitreiking ongelooflik positief ontvang en kan gereeld oor die klankgolwe van die grootste radiostasies regoor die land gehoor word. 

Nou, voordat hy terugkeer na Amerika bederf hy Suid-Afrikaners met die vrystelling van die pragtige musiekvideo vir hierdie liedjie, wat beslis jou asem gaan wegslaan.

Die talentvolle vervaardiger, Wian van der Walt van Vonk Musiek, was weereens agter die kamera en dié liefdesverhaal is in die Van Wyngaards van Elspark se huis, met sy pragtige vleuelklavier, verfilm. Emile en Ashley du Toit het saam aan ’n konsep gewerk om sy boodskap op die treffendste manier moontlik oor te dra.

“Ek wou graag ’n ouskool-tipe video gehad het en ons het daarom ou Frank Sinatra-tipe films gebruik as verwysing,” deel hy. In dié romantiese en intieme musiekvideo skryf en sing hy vir die vrou in sy lewe (gespeel deur Tracey Kroukamp) ’n liedjie oor toe hulle ontmoet het en maak hulle selfs ’n paar danspassies in die sitkamer.

Die video is die perfekte pasmaat vir die indrukwekkende popsnit wat deur Emile se oorlede pa geïnspireer is.In Julie 2019 is my pa met fase vier Lewerkanker gediagnoseer. Op daardie stadium het ek reeds vir tien jaar in Amerika gewoon en slegs een of twee keer per jaar in Suid-Afrika kom kuier. My pa was mal oor Afrikaanse musiek en ek wou iets skryf waarvan hy sou hou en sou waardeer. Ek het dus die liedjie geskryf in die hoop om dit so gou as moontlik op die radio te kry. Hy is toe ongelukkig oorlede en het nooit die liedjie gehoor nie, maar ek is vasberade om hom steeds trots te maak.” 

Kyk die video hier: https://youtu.be/4ABabkfBODw

Met hierdie treffende video en liedjie maak Emile Welman seker dat sy geliefde land en mense hom nie gaan vergeet nie. Met die sukses wat SPROKIESLAND reeds in die plaaslike musiekmark bereik het, gaan sy aanhangers beslis aandring op sy terugkeer om hulle met nog nuwe musiek te kom bederf. 

SPROKIESLAND is beskikbaar op alle digitale platforms. Laai dit hier af: https://sprokiesland.lnk.to/I8GBVGzl


SOSIALEMEDIASKAKELS: 

Facebook: https://www.facebook.com/emilewelmanmusic 
Instagram: @emilewelman
Webblad: www.emilewelman.com
YouTube: https://www.youtube.com/watch?v=AcvYgxzFyCY

PUBLISITEIT & BEMARKING:

STARBURST PROMOSIES
Alishia van Deventer
Sel: 083 635 4717
E-pos: alishia@starburstmusic.co.za
Webblad: www.starburstmusic.co.za

ATKV-Oorde

Surreylaan 348
Randburg
Gauteng
Suid-Afrika

E-posadres: 
oordedigitaal@atkv.org.za
Besprekings: 
+27(011) 919 9092