Skip to the content

Smoorsnoek

Bestanddele:

  • Groente-olie - 60ml
  • Ui - 180g
  • Gerookte snoek - 500g
  • Een brandrissie rooi of groen
  • Bevrore ertjies - 410g
  • Blatjang -125 ml
  • Knippie sout en peper vir smaak

Metode:

  1. Smeer die gerookte snoek met blatjang. Sit die snoek dan in die rooster en plaas op die vuur. Laat die snoek vir 10 minute aan ’n elke kant braai.
  2. Verhit die olie in 'n vlak pan op die vuur.
  3. Gooi dan die gekapte ui saam met die bevrore ertjies in die pan.
  4. Breek die gerookte snoek in stukkies en verwyder die grate. Gooi in pan.
  5. Voeg sout, peper asook brandrissie by vir smaak.
  6. Sit voor en geniet!