Skip to the content

Choc Chip Pannekoeke

Bestanddele

  • Meel – 2 koppies
  • Eiers – 2
  • Bakpoeier – 2 teelêpels
  • Melk – 2 ½ koppies
  • Olie – ½ koppie
  • Sout – ½ teelêpel
  • Asyn – 1 teelêpel
  • Bloubessies – 200g
  • Choc chips- 50 g
  • Aarbeie – 6
  • Heuning – 250 ml

Metode

  • Meng al die droë bestanddele. Meng dan die choc chips saam in.
  • Meng die volgende bestanddele saam: Eiers, melk en olie.
  • Voeg dan die droë bestanddele saam met die eiers, melk en olie mengsel en klits totdat die mengsel klontvry is.
  • Voeg asyn by die mengsel.
  • Plaas die olie in ‘n pan en plaas die pan op ‘n medium-hitte oop vuur.
  • Skep ‘n bietjie van die mengsel in die pan en draai die pannekoek om as die rand van die pannekoek bruin is en die mengsel nie meer borrels in die pan maak nie.
  • Spoel die aarbeie af en sny elke aarbei in die helfde.
  • Gooi die heuning in jou pan en voeg bloubessies en aarbeie by.
  • Meng goed en plaas op die vuur.
  • Jou bloubessie en aarbeimengsel sal gereed wees sodra die bloubessies en aarbeie sag is.
  • Gooi die mengsel oor jou pannekoeke en bedien!