Skip to the content

ESTÉ GROSS, HEMELBESEM EN DIE UP YOUTH SE MUSIEKVIDEO IS HIER!

Wanneer die lewe en die omstandighede van die wêreld jou oorweldig, moet jy nie moed verloor nie. Jy moet net aanhou loop, en aanhou glo want ons sal saam as ’n nasie deur die storm kom.  
 
Dit is die boodskap wat Esté Gross, Hemelbesem en die UP Youth Choir (in samewerking met die ATKV) graag dié Paasfees wil oordra met hulle treffende nuwe enkelsnit, DEUR DIE STORM, wat verlede week vrygestel het.

Volgens Gross, ’n bekende omroeper, nuusleser en sangeres, gaan hierdie Christelike kontemporêre popsnit oor eenheid en het sy dit geskryf as terapie toe sy self deur ’n stormagtige tyd gegaan het.

“Al woed daar soms storms binne in ons, moet ons mekaar ondersteun en in vreugde saam die lewenspad aanhou loop,” deel sy. “ Ek het die  liedjie geskryf met die idee om ‘n eg Suid-Afrikaanse liedjie in Afrikaans te skep en ‘n wye verskeidenheid van musikale invloede in te sluit. Ek het die gewilde kletsrymer, Hemelbesem, die internasionaal bekroonde, UP Youth Choir en puik vervaardiger, Gideon Botes, betrek om sodoende Afrika-gesange, kletsrym en pop op ’n unieke manier te kombineer. Die aanvanklike snit was heelwat stadiger, maar ek het geweet dat die wysie aansteeklik is en die finale produk, met almal se insette, nooi jou uit om te dans.”

Om hierdie besonderse projek te laat realiseer, het hulle borge nodig gehad en was Esté bevoorreg genoeg om die ATKV aan boord te kry. “Dit is vir ons almal ’n groot eer om saam met die ATKV te werk. Oor die jare, het hulle so baie gedoen om Afrikaans te bevorder en ek voel bevoorreg dat hulle bankvas agter dié projek staan. Sonder hulle sou dit nie moontlik gewees het nie.”   

Die musiekiekvideo, wat deur Common Ground Collective vervaardig is, beklemtoon die boodskap van eenheid verder, deur van baie kleur, ritme en beweging gebruik te maak. Die video is by 012 Central in Pretoria se middestad verfilm, wat as die perfekte moderne, industriële agtergrond gedien het om ’n speelse en opbouende gevoel te skep.  

“Daar is soveel ernstige en negatiewe dinge in ons wêreld, so ons wou in sterk kontras daarmee ’n opbeurende, mooi en positiewe boodskap van hoop uitbeeld,” verduidelik Esté.

Kyk die video hier: https://youtu.be/lgMZTvU2uKY

DEUR DIE STORM sal vir die eerste keer opgevoer word wanneer Gross en Hemelbesem op 9 April 2022, as gaskunstenaars, saam met die UP Youth Choir optree as deel van die Easter Celebration-konsert wat deur dié koor aangebied word.

Dit vind om 19:00 plaas by die ZK Matthews-saal by Unisa en is ’n Paasfeesviering oor die verskil wat musiek in Suid-Afrikaanse jeug se lewens maak.

“Ek hoop dat ons met hierdie projek ’n klein bydrae kon maak om die boodskap van eenheid, deur middel van taal en musiek, te bevorder,” sê Gross.

Kaartjies kos R100 per persoon en is beskikbaar op www.quicket.com.

DEUR DIE STORM is ’n eg Suid-Afrikaanse liedjie, wat aanklank vind by ’n diverse gehoor en hoop gee vir diegene wat eensaam voel in die onstuimige omstandighede van die lewe.

Die enkelsnit is nou beskikbaar op alle digitale platforms. Kry dit hier:

http://itunes.apple.com/album/id1615654054?ls=1&app=itunes

https://open.spotify.com/album/2CFdGz8sk6NqE69vYjFrZ6

 

SOSIALEMEDIASKAKELS:

ATKV
Facebook: https://www.facebook.com/ATKVSA
Instagram: @atkv_sa

Esté Gross
Facebook: https://www.facebook.com/EsteGrossPublic
Instagram: @EsteGross1

Hemelbesem
Facebook: https://www.facebook.com/hemelbesem
Instagram: @hemelbesem_

UP Youth Choir
Facebook: https://www.facebook.com/UPYouthChoir
Instagram: @upyouthhoir

PUBLISITEIT & BEMARKING:
STARBURST PROMOSIES
Gizela Arndt
Sel: 083 399 6869
E-pos: gizela@starburstmusic.co.za
Webblad: www.starburstmusic.co.za