Skip to the content

Kuier saam met vandag en gister se grotes by ATKV Oorde!

Volgens gesellig.co.za is die definisie van “rus”, ‘n tyd van ontspanning of herstel wanneer mens nie baie doen nie. Die sinoniem? ATKV Oord!

Wie sê jy mag net in Desember en tydens vakansies droom van rus, ontspan en uitspan langs ‘n swembad geleë tussen ongerepte natuurskoonheid? 

Wie het nou weer gesê mens kan nie tergelyketyd werk en speel nie?

GROOTfm 90.5 en ATKV Oorde wil in 2023 alle wanpersepsies oor “rus” die hok slaan en nooi jou uit om saam met GROOTfm 90.5 omroepers, Pieter Cloete en Jacques Erasmus die ‘ATKV Roete van Pieter Cloete’ te geniet. Hoekom wag vir Desember of vakansies? Dis waarvoor naweke is!

Kom saam met ons op ‘n “roadtrip” na al die ATKV Oorde regoor Suid-Afrika en ontspan reeds met die intrapslag van die nuwe jaar! Hoekom nie? Vanaf Januarie tot April 2023 slat GROOTfm 90.5 die pad na ontspanning! Ons gaan GROOT tussen bosse, berge en see, en oor vier provinsies en kan nie wag om jou te ontmoet nie.

Jacques Erasmus, wat oudergewoonte elke Saterdag die immer gewilde GROOT20-trefferparade uitsaai (09:00 tot 13:00), doen dit hierdie jaar anders. Nou kan jy ook die GROOT20 regstreeks vanaf een van Suid-Afrika se mees bekende ATKV Oorde geniet! En, terwyl Jacques fokus op vandag se grotes, gaan Pieter Cloete jou bederf met tydlose treffers gedurende sy program, “Gister se Grotes”, tussen 09:00 en 13:00 elke Sondag – ook regstreeks vanaf een van Suid-Afrika se bekende ATKV Oorde. Is dit nou nie ‘n rede om jou sonbrilletjies op te sit, en daai brandende tekkies uit te skop nie?

Jy kan ook ‘n midweek-wegbreek wen!

Skakel elke Sondag in tussen 09:00 en 13:00 op “Gister se Grotes” en vind uit hoe jy ‘n ATKV Oord midweek-wegbreek kan wen deur bloot ‘n sms te stuur.

Volledige programskedule:

20 tot 22 Januarie 2023: ATKV Drakensville – Geleë naby die voetheuwels van die Drakensberg-amfiteater in Kwazulu-Natal.

03 tot 05 Februarie 2023: ATKV Buffelspoort – Geleë tussen Pretoria en Johannesburg, tussen die Magaliesberge in Noordwes.

17 tot 19 Februarie 2023: ATKV Hartenbos – Geleë op die wêreldbekende Tuinroete tussen Kaapstad en Port Elizabeth

24 tot 26 Februarie 2023: ATKV Klein Kariba – Geleë in een van die Waterberge se mooiste klowe in Limpopo.

03 tot 05 Maart 2023: ATKV Natalia – ‘n Tropiese paradys geleë reg langs die suidkus van Kwazulu-Natal.

14 tot 16 April 2023: ATKV Eiland Spa – geleë Op die suidelike oewer van die Letabarivier in Limpopo.

21 tot 23 April 2023: ATKV Goudini Spa - in die hartjie van die Bolandse berge in die Wes-Kaap.

As deel van GROOTfm 90.5 se uitgebreide, digitale strategie, kry elke omroeper die geleentheid om groot te droom! En, dit behels ‘n DROOM-uitsending! In die afgelope jaar het die GROOT-span opnuut bewus geword van ons luisteraars wat op digitale platforms inskakel – via die toepassing, webtuiste / internet en DSTV-audiokanaal 820. Ons ontvang boodskappe vanuit Australië, Poland, die VSA en vanuit verskeie provinsies wat insluit die Wes- en Noord-Kaap, Limpopo en KwaZulu-Natal, om net ‘n paar te noem. Dis tyd dat ons ook aan ons luisteraars en gemeenskap buite die grense van Gauteng aandag gee, en natuurlik nuwe luisteraars werf en bewusmaak van ons GROOT stasie en hart! Met ATKV Oorde, word dié droom, toe net groter!

GROOTfm 90.5 nooi jou uit om in te skakel – op FM 90.5 binne die grense van Gauteng, en via die GROOTfm 90.5 toepassing buite die grense van Gauteng. Alternatiewelik, sien ons jou by een van die ATKV-oorde! Langs, of in die swembad!

Vir meer inligting oor die ATKV Oorde waar GROOTfm 90.5 gaan werk en speel, besoek www.atkvoorde.co.za.