Skip to the content

ATKV betreur afsterwe van geliefde oordbestuurder

Geloofsman, gesinsman, gemeenskapsman, kollega en vriend, Tommie du Plessis, is Saterdagaand oorlede.

Tommie het as ATKV-oordbestuurder diep spore getrap en sal onthou word vir sy standvastige leierskap, sy integriteit en sy humorsin. Hy het oor byna twee dekades aan die stuur van sake gestaan by ATKV-Natalia, ATKV-Eiland Spa, ATKV-Buffelspoort en meer onlangs by ATKV-Klein-Kariba.

Schalk Cilliers, besturende direkteur van ATKV-Sake, sê dat dit ’n voorreg was om te sien hoe Tommie as mentor kon motiveer en inspireer. Tommie het die spesiale vermoë gehad om lewens aan te raak en het altyd tyd vir ander mense gemaak.

Sy heengaan is ’n groot verlies vir die ATKV. Ons dink aan sy naasbestaandes en dra elkeen van hulle in besonder aan ons Hemelse Vader op in hierdie tyd.