Skip to the content

Voorkeurbesprekings vir Desember 2024/Januarie 2025

ATKV-oorde vergemaklik u vakansie-ervaring met familievriendelike wegbreke by enigeen van ons sewe oorde wat u, as lid, boonop die vergunning gee om vooruit te bespreek.  

Lede kan vanaf 1 November 2023, soos oudergewoonte, hul besprekings vir Desember 2024 maak. Om die voorkeurbesprekingsproses egter so vlot as moontlik te laat verloop, bring ons graag die volgende aspekte onder ons lede se aandag:

  1. Die voorkeurbesprekingsperiode vir lede word tot die eerste 14 dae van November 2023 beperk. Lede sal slegs 14 dae vanaf 1 November 2023 hê om te bespreek. Vanaf 15 November 2023 word besprekings vir die algemene publiek oopgestel. Besprekings kan vanaf 07:00 die oggend op 1 November 2023 gemaak word.
  2. Om u en ons personeel se gesondheid te beskerm, sal geen besprekings in persoon by ATKV Hoofkantoor of by enige van die ATKV-oorde gemaak kan word nie.
  3. Lede moet asseblief ook kennis neem dat die #RekUit-depositobeleid vir voorkeurbesprekings steeds geld. Meer inligting oor die skedules is hier beskikbaar: https://www.atkvoorde.co.za/blog/posts/2020/september/rekuit-by-n-atkv-oord/
  4. Voorkeurbesprekings kan ook nou aanlyn op die ledeplatform (https://lede.atkv.org.za/) gemaak word. Neem asb. kennis van die volgende wanneer u aanlyn bespreek:
    1. Lede kan van 1 tot 14 November 2023 aanlyn vir Desember 2024/Januarie 2025 bespreek.
    2. Dit geld vir alle oorde. By ATKV-Hartenbos sal slegs verblyf aanlyn (asook telefonies) bespreek kan word. Besprekings vir kampering sal egter slegs telefonies gemaak kan word.
  • Indien u aanlyn bespreek:
    • Mag u slegs EEN eenheid of staanplek bespreek.
    • Kan u NIE ʼn spesifieke eenheid/staanplek kies NIE, slegs ʼn eenheidstipe of kampeerstaanplekblok.
    • Is die deposito 10% van die besprekingswaarde, onmiddellik betaalbaar, slegs vir 1 en 2 November 2023. Daarna val dit terug na 50% van die besprekingswaarde, soos met gewone aanlynbesprekings.
    • Word u aangemoedig om vooraf seker te maak dat u geregistreer is en toegang tot die aanlynledeportaal het wanneer u aanlyn bespreek, om teleurstelling te voorkom. Indien u onseker is of hulp nodig het, skakel gerus ons ledesake-afdeling by 011 919 9000.
    • Inbel- en e-posbesprekings (slegs e-posaansoeke soos ontvang vanaf 1 November 2023, 07:00) word aanvaar, maar inbelbesprekings sal voorkeur geniet.
  1. As u inbel en bespreek:
    • Kan u, u eenheid/staanplek kies.
    • Mag u slegs EEN eenheid of staanplek bespreek.
    • Is die deposito 10% van die besprekingswaarde, betaalbaar volgens die #RekUit-skedule.
  2. U kan enige van die onderstaande nommers skakel om te bespreek:
    • ATKV-Buffelspoort – 014 572 1000
    • ATKV-Drakensville – 036 438 6287
    • ATKV-Eiland Spa – 015 386 8000
    • ATKV-Goudini Spa – 023 349 8100
    • ATKV-Hartenbos – 044 601 7200
    • ATKV-Klein-Kariba – 014 736 9800
    • ATKV-Natalia – 031 916 4545
    • Sentrale besprekingskantoor – 011 919 9092

Ons waardeer u samewerking in hierdie verband. Moenie u kans verspeel nie, skakel ons vanaf 1 November 2023 en bespreek u familievriendelike wegbreke by een van ons sewe pragoorde!