Skip to the content

Blog

Nou het ons eers vakansie nodig!

Nou het ons eers vakansie nodig!

Die Covid-19-pandemie het die toerismebedryf tot stilstand geruk en ook die ATKV se oorde voel die impak daarvan; tog word nuwe planne reeds beraam ...

Reismismoedigheid tydens die inperking

Reismismoedigheid tydens die inperking

Die COVID-19-pandemie het die hele wêreld tot stilstand gebring, en almal is nou in hul huise vasgevang. Geen vakansie, geen reis … of hoe? Hier is ʼn paar wenke wat kan help met jou mismoedigheid oor reis tydens die inperking:

camping illustration

Kampwenke vir ’n ATKV-oordvakansie

“Kamp is ’n mooiweersding”, het ek my pa altyd hoor sê. Dit was dalk ná een van ons woonwavakansies toe dit die hele naweek deur gereën het. Ons moes maar in ons Caravette 6-woonwa sit en kaart speel.

Wipneuskobra Foto deur Tyrone Ping

SSSSSLANG! Wees ingelig en voorbereid – Deel 3

In ons nuwe maandelikse rubriek gesels ons oor die verskillende slangsoorte waarvoor vakansiegangers op die uitkyk moet wees by ATKV-oorde … Hierdie week is dit ATKV-Klein-Kariba se beurt.

ATKV Goudini Spa

Gee 'n ervaring as 'n geskenk

Wou jy nog altyd iemand spesiaal op vakansie stuur, of bydra tot hul beplande vakansie? Nou kan jy! ATKV-oorde bied jou die geleentheid om vir iemand 'n ervaring wat hulle altyd sal onthou, persent te gee. Ons spog ook nou met ons eie aanlyngeskenkbewyse.

Inperking amptelik verleng!

Op 9 April 2020, tydens die mees onlangse presidensiële toespraak waarin President Cyril Ramaphosa Suid-Afrikaners toegespreek het oor die nuutste nuus en verwikkelinge aangaande die COVID-19-pandemie, is daar aangekondig dat die amptelike inperking, wat reeds vanaf 26 Maart in werking is, verleng sal word. Die verlenging van 14 dae beteken dus dat die inperking eers op 30 April om middernag gelig sal word.

StudenteJOL

StudenteJOL

Nou goed. Jy wag nou al die heel jaar vir StudenteJOL. Die eksamen is verby, die punte lyk darem nie TE vrot nie, jou pa het ’n paar rand in jou rekening inbetaal – en jy en jou bra’s en bra-inne is reg om te rol. Maar hier is ’n paar wenke want hoewel ek seker is dat Klein-Kariba in die meeste van jou behoeftes sal voorsien, is voorsorg altyd beter as nasorg. Oftewel rather safe than sorry . En hoewel dit nie heeltemal so wild soos Oppikoppi is nie, geld daar tog ’n paar universele reëls as dit by musiekvertonings en kamp kom.

cloud with sun behind it

Agter die wolke skyn tog die son…

Ons lewer ’n diens by die ATKV. Dis ons werk en plig om mense te laat ontspan. Om hulle hul skoene te laat uitskop en hulle te help om vir ’n oomblik te vergeet van werk, stres en die roetine van die alledaagse lewe. Op ’n manier gee ons mense dalk weer hoop.

Oudspoorwegman word 90 saam met die ATKV

Oudspoorwegman word 90 saam met die ATKV

Hy het twee oorloë oorleef, die aanbreek en val van apartheid gesien, en selfs nou, aan die begin van ’n nuwe dekade, is die 90-jarige oom Johan van Deventer nog steeds ’n trotse lid van die ATKV. Dié kanniedood-oudspoorwegman van Nigel, in die ooste van Johannesburg, is op 8 Februarie 1930 gebore.

Niel Sandilands

Kampeerherinneringe uit Hollywood…

 Neil Sandilands is al lankal nie meer Bart van die Deli in 7de Laan nie. Jy sal hom deesdae sien skouers skuur met akteurs soos Tom Hanks, regisseurs soos Michael Bay of in ’n superheldpak terwyl hy The Flash opdraande gee as The Thinker in die gelyknamige televisiereeks.